S e a t a v e r n

Cape Town Events Weblog

What: DOZI - Van Ou Ryperd tot NOU!

When:

DOZI - Van Ou Ryperd tot NOU!

Description

\nNa tien jaar sonder rondtoer is Dozi,  alombekende Suid-Afrikaanse musiek-ikoon, in volle glorie terug op die planke en onder die ligte – dié keer, groter as óóit!\nVir ‘n dekade lank was Dozi druk doenig in die restaurantwese en met privaat-musiekvertonings by sy bekende kuierplek Back to the Roots. Dié gewilde restaurant naby Hartebeespoortdam, sal egter voortaan ánders aangewend word, aangesien Dozi weer volwaardig, met kop, hart, siel en snare toetree tot die openbare optredes, waarop Afrikaanse musiekliefhebbers al so lank wag!\nMet die aanhoor van sy naam en as een van dié mees gesogte musikante wat Suid-Afrika nog opgelewer het, herhaal die ou Dozi-treffers, waarmee Dozi die verhoogplanke tien jaar gelede dún gesing het, hulself onwillekeurig.  Daar is egter niks wat die publiek kan voorberei op Dozi se kragtige terugkeer na die verhoog en helder ligte nie!

Who:

Where:

Shop DU10, Beacon Way, The Market Square Shopping Centre , Plettenbergbay , Western Cape , 6600

How much: