Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Terug in die lug – Richard van der Westhuizen

Terug in die lug – Richard van der Westhuizen

When:

Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St

How much:

🎟️ R350.00Webtickets

Richard van der Westhuizen is ‘n bekende akteur, sanger en liedjieskrywer. Hy skryf ‘n klomp liedjies, onder andere Tussen Treine en Ballade vir ‘n Enkeling wat hom vestig as een van ons land se gerespekteerde kunstenaars. Hy het gaan delf in 40-plus jaar se materiaal en ‘n paar onhebbelikhede, moeilikheidmakers,grappighede en liefdesverhale opgediep en besluit om dit te deel. Hy vra byvoorbaat om verskoning as hy enigiemand gaan offend. Iemand het eenkeer lank, lank gelede vir sy pa gevra hoe dit met sy seun gaan. Die antwoord: “Seker maar goed, maar ek wens hy kon sy voete op die aarde kry.”

Wel, Covid het dit tydelik reg gekry, en so 2 jaar se aanpassing in die Kaap het hom rustiger gehou. Helaas, nie meer nie. Hy is terug in die lug.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied. ‘n Heerlike Wintergereg met ‘n glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.

Dinner from 18:00
Show at 20:15