Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 REÜNIE – Frank Opperman

REÜNIE – Frank Opperman

When:

Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St

How much:

🎟️ R350.00Webtickets

REÜNIE, Ondersteun deur NATi en Innibos, Met Frank Opperman. Skrywer: Dana Snyman, Regie: De Klerk Oelofse, Produksiebestuur: Marie Vogts. Dit is dieselfde skoolsaal,.. maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

It is the same school hall, but 43 years later at the 1980 matric group’s reunion. Adam Boshoff acts as narrator, but in the course of the evening various classmates get a turn behind the microphone to say a word. Long ago, they all experienced a tragedy which they now face head-on for the first time. Dana Snyman and Frank Opperman collaborate once again to bring you subtle banter, compassion and a bit of nostalgia. Heerlike Wintergereg met glas pas- rooiwyn is hierby ingesluit.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied. ‘n Heerlike Wintergereg met ‘n glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.

Dinner from 18:00
Show at 20:15