Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Jak de Priester - Hartkamer

Jak de Priester - Hartkamer

When:

Who: 🎤 Jak de Priester

Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St

How much:

🎟️ R350.00Webtickets

Na vier jaar stel Jak de Priester ’n nuwe album getiteld Hartkamer bekend met splinternuwe liedjies. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Jak neem die nuwe vertoning in 2024 na verskeie teaters en feeste en stel sy nuwe liedjies bekend, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” “Bobbejaan langs die baan” en vele meer.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied. ‘n Heerlike Wintergereg met ‘n glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.

Dinner from 18:00
Show at 20:15