Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Kuier met Koos

Kuier met Koos

When:

Who: 🎤 Koos Kombuis

Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St

How much:

🎟️ R350.00Webtickets

Wat is dan beter om te doen in die hartjie van die winter as om ’n Koos Kombuis-konsert by te woon?

Koos is so eie aan Stellenbosch soos eikebome en rooiwyn, hoe dan anders dat hy vanjaar die Drostdyteater se Winterfees open! Dit beloof om ’n heerlike intieme geleentheid te wees,‘n kuier saam met Koos en die klanke van Lisa se Klavier, Bicycle sonder ’n Slot, Koffie en Woorde, Ek Wens, en ander bekende en nuwe liedjies.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied. ‘n Heerlike Wintergereg met ‘n glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.

Dinner from 18:00
Show at 20:15