Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Ou Meulteater Paarl 27 Junie "Land & Sand" Neil Sandilands & Die Band "Live"

Ou Meulteater Paarl 27 Junie "Land & Sand" Neil Sandilands & Die Band "Live"

https://www.quicket.co.za/events/258718-ou-meulteater-paarl-27-junie-land-sand-neil-sandilands-die-band-live/

When:

Where: 🕳 Ou Meul Teater Paarl

How much:

🎟️ R250.00Quicket

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.

Ou Meulteater bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band “Land & Sand”. Vir navrae: +27694600687 of oumeulteater@gmail.comDaar is ’n kroeg beskikbaar tydens ons uitvoering.

“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy.

Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet Tooth, The Flash, The 100, asook plaaslike reekse Die Groot Niks, Desert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.

Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”

Ons sien jou 27 Junie by die historiese Ou Meul in die Paarl!