Nadat Ivan Roux as naaswenner van Die Kontrak, Via TV en Coleske Artists se realiteit-talentkompetsie, uitgetree het, het dié pop-sanger se talent, persoonlikheid en liefde vir sy kinders diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers gekruip.
Ivan se konserte is opgewek en energiek en hy bekoor gehore waar hy ookal met sy kitaar en orkes gaan.