What: 🎵 Vreet & Forte: ’n Fees
https://www.quicket.co.za/events/347229-vreet-forte-n-fees/
When:
Where: 🕳 36 Bain St
How much:
🎟️ R1200.00Quicket
Vreet & Forte: ’n Fees
Eet. Sing. Vier.
As die lewe vir jou krummels gee, hou konsert!
Kom vier Afrikaans se 100ste verjaarsdag met ’n viergang-feesmaal deur die bekroonde John Joseph, ‘n meester van visuele, speelse en onvergeetlike kookkuns.
In die hartjie van Wellington ontmoet Afrikaanse nostalgie, Franse flair en Duitse elegansie in ’n teatrale eetbelewenis wat al jou sintuie betrek. Berei jou voor vir ’n aand van smaak, siel en skaterlag, waar kos en musiek hand aan hand dans.
Kontralto Jacobi de Villiers en pianis Olga Leonard tower met hoofsaaklik Afrikaanse musiek vol hart en karakter, gekleur met ’n tikkie Franse en Duitse magie. Bekende liedere word met nuwe aksente en tale verweef vir ’n nostalgiese, verrassende en onvergeetlike aand.
Dis nie net ’n ete nie. Dis ’n viering van die lewe, van Afrikaans en van die magie van musiek en smaak.