What: 🎵 Die lewe en die langpad
When:
Where: 🕳 Absa Burgersentrum (Langenhovenweg
How much:
🎟️ R240.00Webtickets
Kontemporêre musiek
MET Elvis Blue, Floors Oosthuizen (kitaar) en Thinus Odendaal (tromme) TEKS EN MUSIEK Elvis Blue KLANKINGENIEUR Brendan Keizer VERVAARDIGER Elvis Blue Music
’n Alomteenwoordige tema in die musiek van Elvis Blue is dikwels die pad wat
elkeen van ons moet loop. Sy musiek en vertonings vertel gereeld die storie
van die reisiger wat voel-voel sy pad moet vind deur hierdie deurmekaar-
wêreld. Kom saam met Elvis en van ons land se topmusikante op dié reis en
verken weer die paaie wat ons almal se harte, gedagtes en lewens loop.
Onthou weer die mooi stofpad-herinneringe van ons grootwordjare, en droom saam
oor dit wat die langpad in die toekoms kan inhou. Dis nooit net ’n paar
“liedjies” op ’n verhoog met dié kunstenaar nie, maar altyd ’n reis wat jou
saamneem.
Afrikaans • Gesin • 90 min.