What: 🎵 Ek is nie Danie
When:
Where: 🕳 Absa Burgersentrum (Langenhovenweg
How much:
🎟️ R230.00Webtickets
Drama
MET Albert Pretorius en Schalk Joubert TEKS Danie Marais REGIE Nico Scheepers MUSIEK Schalk Joubert KONSEP Niel van Deventer VERVAARDIGER Toyota Stellenbosch Woordfees
Albert Pretorius trek onder die opruiende begeleiding van Schalk Joubert die
skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe, skerf vir skerf, uit ’n mislukte
huwelik in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte, prekêre
gemors van middelklas-Suid-Afrika. Dis ’n storie oor ouerskap en die soeke na
behoort en sin maak, gewikkel in die vlamjas van verse en verbysterende
musiek, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels.
Dis rock-teater, onder regie van die veelsydige Nico Scheepers, oor ’n verlede
wat die hede wurg en ’n wit ou wat saam met sy dogter en ’n progressiewe
wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “Om nie meer altyd te moet weet hoe
’n middeljarige wit man voel oor alles nie.” Wenner van vier Woordtrofees by
die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025, waaronder beste toneelstuk.
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie.
Afrikaans • Geen o. 10 T • 75 min.