What: 🎵 Twee Oseane
When:
Where: 🕳 Absa Studio Langenhovenweg
How much:
🎟️ R200.00Webtickets
DEBUUT
Kontemporêre musiek
MET Vernette Wessels, Helenè Bester, Marius Wessels, Charlie Botha en Gavin Young TEKS, MUSIEKREGIE EN VERVAARDIGER Vernette Wessels
Twee oseane is ’n samewerking tussen twee unieke musikale entiteite, die groep
Coffee Snobs en Helenè Bester, met die see as kerntema. Die see met sy magiese
teenwoordigheid en prag het al talle besonderse musikale werke geïnspireer en
met hierdie produksie vertolk Helenè Bester en Coffee Snobs hul gunsteling-
kontemporêre liedjies oor die see.
Die gehoor kan uitsien na nuwe verwerkings van bekende liedjies soos “Op
Blouberg se strand”, “Orinoco Flow (Sail Away)” en “Bridge Over Troubled
Water”. Twee oseane is ’n musikale produksie geskik vir alle ouderdomme. Word
meegesleur deur die klankgolwe van tydlose treffers.
Afrikaans • Gesin • 70 min.