What: 🎵 Anna Davel en Ilse Klink in Harmonie
When:
Where: 🕳 Absa Studio (Langenhovenweg
How much:
🎟️ R200.00Webtickets
DEBUUT
Kontemporêre musiek
MET Anna Davel, Ilse Klink en JJ Petersen TEKS, REGIE EN VERVAARDIGER Anna Davel MUSIEKREGIE JJ Petersen
Musiek kan die siel sus en ’n boodskap van hoop en herstel bring. Dit dring
soms met sagte note en melodieë die dieptes van ons wese binne, of dit kan
woorde wat te lank ongesê is laat opstaan en ’n stem wat stil was laat brul
soos ’n leeu. Twee vroue wat al vir jare stories vertel deur middel van
musiek, film, teater, televisie en sang, span kragte saam om die tema van hoop
te verken.
Liedjies wat hulle op ’n persoonlike vlak raak, wat hulle deur uitdagings
geïnspireer het, of sosiale kwessies takel waaroor hulle sterk voel, word
gehoor. Elke lied is ’n reis deur tyd en ruimte, ’n brug tussen drome en
werklikheid. Dit kan dalk herinner aan die nostalgie van ons jeug, of die
skaduwees van verliese wat ons harte steeds saamdra. Musiek verken die verband
tussen mense, plekke en dinge waaruit ons inspirasie put.
Afrikaans en Engels • Gesin • 75 min.