Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Annie+Helen

Annie+Helen

https://www.quicket.co.za/events/318404-anniehelen/

When:

Where: 🕳 Adam Small Auditorium

How much:

🎟️ R220.00Quicket

🎟️ R250.00Quicket

🎟️ R280.00Quicket

Met Cintaine Schutte, Stian Bam, Judi Hattingh, Bianca Flanders, Eldon van der Merwe

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, hoor of praat. Wat volg, is ’n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is ’n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; ’n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing. In ’n wêreld waar trauma al hoe meer verwater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue – en die mense wat hulle omring – ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit. Hattingh is vereer met ’n Kanna- prys vir haar rol as Helen.

Regisseur en skrywer Hennie van GreunenVervaardiger Pedro KrugerStelontwerp Rocco PoolKostuums Rouvé HattinghMusiek Franco PrinslooVerhoogbestuur Dhania Schultz Tekeninge Corli de Kock

Aangebied deur Wordsmith’s Theatre Factory in samewerking met Curro Create

Geen o.16 (G, T)