Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 ‘KUNS’

‘KUNS’

https://www.quicket.co.za/events/318568-kuns/

When:

Where: 🕳 Adam Small Auditorium

How much:

🎟️ R180.00Quicket

🎟️ R240.00Quicket

🎟️ R300.00Quicket

Met Wessel Pretorius, Ludwig Binge, Wilhelm van der Walt

Buiten dat smaak verskil, is daar al menige argumente gevoer oor wat kuns is – laat staan nog góéie kuns! Die vriendskap van drie ou vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns. Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se vlymskerp Art is een van die suksesvolste komedies in eietydse teater. Dit is al in 20 tale vertaal en het onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys gewen. Dié produksie is bekroon met vyf Kanna-toekennings vir onder meer beste produksie, beste ensemble, beste ontwerp en beste akteur.

Regisseur en ontwerp Marthinus BassonSkrywer Yasmina Reza Vertaler Naómi Morgan Beligtingsontwerp en verhoogbestuurder Nicolaas de Jongh Assistent- verhoogbestuurder Jean du Plessis

’n KKNK-produksie, ondersteun deur NATi

Geen o.16 (S)