What: 📅 Kamphoer

https://www.quicket.co.za/events/331883-kamphoer/
When:
Where: 🕳 Adam Small Auditorium
How much:
🎟️ R180.00Quicket
🎟️ R250.00Quicket
🎟️ R310.00Quicket
Met Sandra Prinsloo
In Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell, vertolk Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is, maar wie se paaie later weer met dié van haar verkragter kruis. Die drama is geskoei op die topverkoper-debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie- publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman. Prinsloo lewer ’n kragtoer in hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara Foot. Die stuk het verskeie pryse ingepalm, onder meer ’n kykNET Fiësta-toekenning.
Regisseur Lara FootStel- en beligtingsontwerp Patrick CurtisKlankontwerp, klankbaan en komposisie Simon KohlerKostuumontwerp Mariechen Vosloo en Birrie le RouxVerwerk vir die verhoog deur Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara FootVerhoogbestuurder Wicus LouwVervaardig deur TheatrerocketMoontlik gemaak deur KunsStig