Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Kompoun

Kompoun

https://www.quicket.co.za/events/318569-kompoun/

When:

Where: 🕳 Adam Small-laboratorium (B

How much:

🎟️ R180.00Quicket

Met Melissa de Vries, Angelo Bergh

In dié verhoogverwerking van Ronelda Kamfer se roman word die aangrypende verhaal van die McKinney-familie van Groenplaas deur twee kleinkinders, Nadia en Xavie, vertel. Temas soos onskuld, deursettingsvermoë en familievetes word verken binne die ongenaakbare Suid-Afrikaanse konteks. Die stuk word in ’n “sirkel” aangebied met ’n plaashek wat die gehoor toegang gee tot die innerlike én eksterne faktore wat die karakters se lewe beïnvloed asook hulle keuse om uit hul chaotiese bestaan te ontsnap. Die vervlegting van persoonlike ervarings en kulturele nuanses belig die skoonheid en kompleksiteit van Afrikaaps.

Vervaardiger BOSSIKOP ProductionsRegisseur en stelontwerp Lee-Ann van RooiVerwerker Jolyn Phillips, gegrond op Ronelda Kamfer se roman Beligtingsontwerp Alfred RietmannVerhoogbestuur Seth Cloete

’n Ko-produksie van Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees en KKNK; ondersteun deur NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds

Geen o.16 (G, T)