Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Appel live by Club Mykonos Langebaan

Appel live by Club Mykonos Langebaan

https://www.quicket.co.za/events/334548-appel-live-by-club-mykonos-langebaan/

When:

Who: 🎤 Appel

Where: 🕳 Club Mykonos

How much:

🎟️ R300.00Quicket

Oor die afgelope 15 jaar het Appel, oftewel Christoph Kotze, homself stewig gevestig in die Suid-Afrikaanse musiek-industrie. Hierdie befaamde liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die Afrikaanse musiekgeskiedenis. Om dit te kroon, het hy homself ook as baie populêre musikant en sanger bewys op verhoë regoor die land.

Appel se musiek het oor die jare harte verower en pryse ingepalm regoor die land en hy is opgewonde om nog vir ’n hele paar jaar op verhoë in Suid-Afrika op te tree en musiekliefhebbers te vermaak.

Kom en geniet ’n aand van top musiek, samesyn en skop Desember 2025 behoorlik af!

Belangrike Informasie:Die vertoning sal in teaterstyl sitplekke aangebied word. Sitplekke is nie vooraf bespreek nie en word gevul op ’n eerste-kom, eerste-bedien basis. Ons moedig gaste dus aan om vroeg te arriveer om hul verkose plek te verseker.Deure maak 18:00 oop en die vertoning begin 20:00. Daar is ’n kroeg beskikbaar op die perseel en kaart fasiliteite sal beskikbaar wees.

Kaartjie fooie:Volwassenes - R300.00Kinders - 11jaar - 18jaar - R150.00 (betaalbaar op die aand / kaart fasiliteite beskikbaar)Kinders 10 jaar en onder - Gratis