Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 ATKV-SÊR NASIONALE FINAAL

ATKV-SÊR NASIONALE FINAAL

When:

Where: 🏛️ Baxter Theatre Centre

How much:

🎟️ R150.00Webtickets

Vingerklap- en voetestamplekker sêr wat sorg vir hoendervleisvermaak trek vanjaar soos ’n magneet jong talent en gehore bymekaar. ATKV-Sêr is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling – ’n kunsvorm waar elke noot en beweging sy eie kragveld het.

ATKV-Sêr vir tieners het tydens die ATKV-Tienertoneelstreeksfeesfinale landswyd sy stempel in teaters afgedruk. Nou is die vier nasionale finaliste gereed om op 6 Oktober by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch, Kaapstad deel te wees van die ATKV se nasionale magnetiese toneelfinaal – ’n aand waar die energie tussen die verhoog en gehoor voelbaar gaan wees.

Sêrvertonings sluit in:
• Die Hoërskool Ferrum in Newcastle
• Die Hoërskool Garsfontein in Pretoria
• Die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes
• Die Hoërskool Zwartkop in Centurion

Meer oor ATKV-Sêr:
https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/ser/

Sign up for The Baxter’s monthly newsletter for exclusive discounts and specials. Be the first to hear about all the up and coming productions, and benefit from early bird prices. Subscribe here