Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 ATKV-TJOKKERTONEEL NASIONALE FINAAL

ATKV-TJOKKERTONEEL NASIONALE FINAAL

When:

Where: 🏛️ Baxter Theatre Centre

How much:

🎟️ R150.00Webtickets

ATKV-Tjokkertoneel is die vinnigste groeiende deel van die ATKV se toneelaanbod en bring slim, opwindende mini-tonele van 25 minute wat laerskoolkinders die mag van storie, taal en visuele uitbeelding laat ontdek. Hier word selfvertroue, kommunikasievaardighede en verbeeldingsvermoë speels en magneties ontwikkel.

Na vier streeksfeeste regoor Suid-Afrika – Durban, Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad – met 1 200 tjokkerdeelnemers en 67 produksies, word die top-6-tjokkerproduksies nou genooi na die nasionale finaal.

Die ATKV-Tjokkertoneelfinaal sluit in:
• Die dag toe Willie Wepener skoolhoof geword het deur die Laerskool Durbanville
• Kassandra en die Bendehuis deur die Laerskool Roodekrans
• OP DIE SPEL deur die Laerskool Gene Louw
• Potloodsakkie – agter die zip deur die Laerskool Durbanville
• Romeo en Juliet met tamatiesous deur die Laerskool Tygerpoort
• sjuut! deur die Laerskool De Hoop

Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:
https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/tjokkertoneel/

Sign up for The Baxter’s monthly newsletter for exclusive discounts and specials. Be the first to hear about all the up and coming productions, and benefit from early bird prices. Subscribe here