Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🤣 Hoofseun

Hoofseun

When:

Who: 🎤 Casper de Vries and 🎤 Tollie Parton

Where: 🏛️ Baxter Theatre Centre

How much:

🎟️ R250.00Webtickets

Hoofseun is ‘n komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig te staar, as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou ‘n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gegeur so iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme?

Hoofseun is die nuutste stand-up comedy vertoning deur drag-superster Tollie Parton. Die show is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervaringe binne die Afrikaner-gemeenskap. En ten spyte van die feit dat niemand daarvoor gevra het nie, stel Tollie die land bekend aan haar nuwe sokkie “treffer”.

Van Hoofseun na Hoofmeisie. Hier kom vetpret! Skuus, mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het ’n growwe beenstruktuur.

Writers: Anne Hirsch and Wynand Kotze
Music: by Loki Rothman.

Sign up for The Baxter’s monthly newsletter for exclusive discounts and specials. Be the first to hear about all the up and coming productions, and benefit from early bird prices. Subscribe here