Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Fynboskrans Werkswinkel @ Ceres Kersiefees

Fynboskrans Werkswinkel @ Ceres Kersiefees

https://www.quicket.co.za/events/341343-fynboskrans-werkswinkel-ceres-kersiefees/

When:

Where: 🕳 Ceres Sportsgrounds

How much:

🎟️ R350.00Quicket

Fynboskrans Werkswinkel saam met Lorine De Lange!

Sluit aan by ’n kreatiewe en gesellige werkswinkel aangebied deur Lorine De Lange, waar jy jou eie unieke Kersfeeskrans van fynbos gaan maak – perfek om die feestyd mee af te skop! Hierdie praktiese en inspirerende sessie is ideaal vir enigiemand wat hou van handwerk, natuur en die geur van vars fynbos.

Wat om te verwag:Stap-vir-stap begeleiding.Gebruik van vars fynbos en dekoratiewe lint.’n Ligte ete en verversings om die kreatiwiteit te laat vloei.’n Ontspanne atmosfeer – bring jou vriendinne saam vir ’n spesiale voor- Kersfees ervaring!

Belangrike inligting:Alle benodigdhede word voorsien, insluitend die sirkel draadraam, fynbos en lint.Bring asseblief jou eie voorskoot en snoeiskêr.Geen vorige ervaring nodig nie – almal is welkom!

Maak hierdie Kersseisoen besonders deur iets moois en persoonliks te skep – ons sien uit daarna om jou daar te sien!