Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Chris Chameleon live in Knysna

Chris Chameleon live in Knysna

https://www.quicket.co.za/events/302617-chris-chameleon-live-in-knysna/

When:

Who: 🎤 Chris Chameleon

Where: 🕳 Blend Country Restaurant and Pub

How much:

🎟️ R160.00Quicket

🎟️ R220.00Quicket

Chris Chameleon: “Ek Herhaal Jou Weer”April 2025 - Tuinroete en Wes-Kaap

Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou. Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword. Die album is wyd erken in Suid Afrika, sowel as Nederland en Belgie, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie vir Afrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings en is ook deur Die Beeld, Die Volksblad en Die Burger uitgeroep tot een van die tien belangrikste albums van die eerste dekade van hierdie eeu.

In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks Ek Herhaal Jou Weer.

Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê.

Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” - ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor nie. “Ek wil vir Ingrid weer uitdie see roep en ons mooiste oomblikke herleef,” sê hy.

Chris Chameleon sal in April 2025 ’n reis na die Kaap en die Tuinroete onderneem om hierdie viering van musiek en poësie met gehore te deel.

Kom en wees deel van die magiese ervaring!