Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Chris Chameleon live at Triggerfish Brewery

Chris Chameleon live at Triggerfish Brewery

https://www.quicket.co.za/events/303044-chris-chameleon-live-at-triggerfish-brewery/

When:

Who: 🎤 Chris Chameleon

Where: 🕳 Triggerfish Brewing

How much:

🎟️ R250.00Quicket

Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou. Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword.

Die album is wyd erken in Suid Afrika, sowel as Nederland en Belgie, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie virAfrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings en is ook deur Die Beeld, Die Volksblad en Die Burger uitgeroep tot een van die tien belangrikste albums van die eerste dekade van hierdie eeu.

In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks Ek Herhaal Jou Weer. Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê.

Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” - ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor nie. “Ek wil vir Ingrid weer uitdie see roep en ons mooiste oomblikke herleef,” sê hy. Chris Chameleon sal in April 2025 ’n reis na die Kaap en die Tuinroete onderneem om hierdie viering van musiek en poësie met gehore te deel. Kom en wees deel van die magiese ervaring!

**Kom en geniet vir Chris Cameleon by Triggerfish die 5de April. Deure maak 18h00 oop sodat u ’n heerlike ete kan geniet voor die vertoning.***Die kombuis sal 20h00 toemaak en dan sal die vertoning 20h30 begin