What: 📅 Kom Kook & Kuier saam met Carmen Niehaus

https://www.quicket.co.za/events/307074-kom-kook-kuier-saam-met-carmen-niehaus/
When:
Where: 🕳 De Tol Farm Deli, Pieknierskloof Pass, N7
How much:
🎟️ R750.00Quicket
LEKKER EN GOEDKOOKKLAS deur CARMEN NIEHAUSKOM KOOK & KUIER SAAMLeer om gesonder maar heerlik te kook, nes op televisieWAAR: DE TOL FARM DELI, PIEKENIERSKLOOF N7 PAS, CITRUSDALWANNEER: SATERDAG 29 MAART 2025 (vanaf 10h30) Ons kook ‘n uithalerete met plaasvars produkte uit die De Tol Farm Deli soos hormoonvrye lamsvleis, vars- en droëvrugte, olywe en olyfolie, groente uit die tuin asook verskeie topkwalitiet rooibostees van Carmién Tea en Piekenierskloof se uithalerwyne. Teug aan Carmién Cold Brews en ‘n Piekenierskloof-sangria saam met ‘n verwelkomingshappie. Sit aan vir ‘n fynproewersete waarin jy ‘n hand gehad het en geniet dit saam met spesiaal uitgesoekte rooibostees van Carmién Tea en Piekenierskloofwyne wat by die geregte gaan pas (die wynmaker gaan jou meer vertel). Resepte ingesluit.
Snuffel na die tyd in die De Tol Farm Deli, Carmién Tea Shop en Piekenierskloof Tasting Room vir unieke produkte. HOE OM TE BESPREEK:Koste: R750 ppBespreek nou, plek is baie beperk.Besprekings sluit Maandag 24 Maart 2025