What: 📅 Die Vreeslike Familiebraai En Toe Kom Die Vlinders | Kinderteater en Tienerteater - 6 Aug
https://tickets.tixsa.co.za/event/die-vreeslike-familiebraai-toe-kom-die-vlinders-6-aug
When:
Where: 🕳 DeWetsaal
How much:
🎟️ R100.00Volwassenes
🎟️ R50.00Kinders
Die vreeslike familiebraai en Toe kom die vlinders: Twee oorspronklike
jeugtonele vol humor, verbeelding en ontdekking
Met: Woordcklub Drama-leerders en dansers van Studio15
Teks: Marhette van Huyssteen(Toe kom die vlinders gebaseer op Een miljoen
vlinders deur Edward van de Vendel)
Woordcklub Drama se jong akteurs bring twee oorspronklike mini-tonele na die
verhoog – elk met sy eie unieke styl en storie.
Die vreeslike familiebraai is ’n speelse en humoristiese toneel waar vier
susters deur hul eksentrieke tante gekonfronteer word, en hul ware gevoelens
oor familie en erfporsies onverwags ontbloot.
In Toe kom die vlinders ontvou ’n fantasierike en absurde verhaal oor
grootword en daardie eerste “vlinders-in-die-maag”-gevoel. Met maskers, poppe
en kreatiewe spel word ’n wêreld geskep waar jong karakters nuwe emosies en
ervarings ontdek.
Hierdie lewendige jeugproduksie wys die talent en energie van jong plaaslike
kunstenaars – twee stories, een verhoog, en baie verbeelding.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm