What: 📅 Netwerk24: Wat's Nuus met Mia Spies - Mosselbaai
https://www.quicket.co.za/events/283466-netwerk24-wats-nuus-met-mia-spies-mosselbaai/
When:
Where: 🕳 Diaz Beach Hotel
How much:
🎟️ R200.00Quicket
Netwerk24 rits deur die land vir ’n paar lesersontbyte en jy is uitgenooi! WAT LÊ VIR SUID-AFRIKA VOOR NA DIE VERKIESING?
Mia Spies gesels met Willem Jordaan, redakteur van Die Burger en voormalige politieke joernalis, Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die FW de Klerk-stigting, en Dawie Boonzaaier, politieke verslaggewer van Rapport, om sin te maak van die situasie en al jou kopkrapvrae te beantwoord.
Willem gaan ook later die oggend die verhoog deel met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut Wes-Kaap. Die tema van hul gesprek is: “Op soek na ’n bietjie goeie nuus? Dis reg rondom ons.” Daarmee saam gaan die sanger, skrywer en radio-omroeper Riaan Grobler ook lekker musiekvermaak tussendeur verskaf. Wat moet jy weet? Die ontbyt is op 22 November 2024 by die Diaz Beach-hotel in Mosselbaai. Dit begin om 08:00 vir 08:30.Die koste is R200 per persoon en dit sluit die paneelgesprekke, vermaak, ontbyt, koffie en tee in.Stuur e-pos na samantha.vandenberg@media24.com vir meer inligting.