Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Moordballades en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek

Moordballades en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek

When:

Where: 🕳 Die Windpomp (Cowleylaan

How much:

🎟️ R165.00Webtickets

Musiekteater

MET Chris du Plessis

Die bekroonde joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis het onlangs weer vir ’n slag sy musiekvernuf afgepoets met melodieuse weergawes van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as toonsettings van die sexy sestigers wat so gereeld opgedis word”. Die meegaande deuntjies bestaan uit van tradisionele Keltiese volksballades en Zoeloe-straatkitaarmusiek tot bluegrass en rock ’n roll. Tussendeur praat en skerts hy oor die digters en die tydperke en omstandighede waarin hulle gewerk het. Gevra hoe hy die vertoning in een sin sou opsom: “Dis baie snaakser as wat die titel voorgee.”

Afrikaans • Geen o. 16 T • 75 min.