What: 🎵 SWERWERSONG - met Pietman Geldenhuys en Anna Davel

When:
Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St
How much:
🎟️ R350.00Webtickets
SWERWERSONG - met Pietman Geldenhuys en Anna Davel
Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare. Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ‘n vuurtjie te maak en nader te skuif vir ‘n heerlike mengelmoes van die twee swerwers se gunsteling songs en stories oor “the road less travelled”.
Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare. Op verhoë waar klomp kunstenaars saam musiek maak, langs ‘n kuiervuur tydens ‘n feestelikheid, by troues van vriende, begrafnisse van musieklegendes en toekenningsgeleenthede waar hulle glase klink op wenners en verloorders en op die lewe. Pietman het eens op ‘n tyd sy brood verdien as ‘n trekkerdrywer, verkoopsman, kelner en straatmusikant. Anna was ook ‘n kelner, het gewerk as ‘n kolligoperateur, verhoogbestuurder, eiendomsagent en was ‘n soldoedie vir 2 jaar. Dit skep die agtergrond vir baie interessante afdraaipaaie. Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ‘n vuurtjie te maak en die twee saam te gooi in ‘n heerlike mengelmoes van songs en stories oor ‘the road less travelled”. Die gehoor kan uitsien na Davel en Geldenhuys se oorspronklike Afrikaanse musiek, asook meer bekende musiek oor vêr plekke van o.a. John Denver , Billy Joel en The Fureys. Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!