What: 📅 WINTERFEST 2026: Jannie du Toit – Oppiekitaar
When:
Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St
How much:
🎟️ R380.00Webtickets
Jannie maak ‘n Kaapse draai met sy eenmanvertoning OPPIEKITAAR waarin hy net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid- Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater, met vol sale en staande ovasies begroet.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram!
Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met
‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Butter chicken, kruiebroodjie en sambal
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za