Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Laerskool Koue Bokkeveld se 60ste verjaarsdag saam met Rocco de Villiers

Laerskool Koue Bokkeveld se 60ste verjaarsdag saam met Rocco de Villiers

https://www.quicket.co.za/events/313329-laerskool-koue-bokkeveld-se-60ste-verjaarsdag-saam-met-rocco-de-villiers/

When:

Where: 🕳 Dutch Reformed Church Op-Die-Berg

How much:

🎟️ R300.00Quicket

Kom geniet die pragtige klaviermusiek van Rocco de Villiers saam met vriende van Laerskool Koue Bokkeveld. Ons is 60 jaar jonk!

Waar het als vir hierdie klein skooltjie begin?

In 1964, in Julie, word ’n erf gekoop in “Nuwe Dorp” vir die somtotaal van R200. ’n Eenvertrek skoolplan word goedgekeur en op 19 Januarie 1965 open Laerskool Koue Bokkeveld sy deure met tien kinders. Die skool het vir die eerste jaar slegs een onderwyser (ook die skoolhoof) met Mej. Bettie Gerber aan stuur van sake saam met die eerste skoolkomitee van drie persone (Carl van der Merwe - Voorsitter, Willie van der Merwe, en Jan van Bosch - Sekretaris).

In 1989 word die nuwe skoolgebou opgerig. Die skool, toe 25-jaar oud, het 84 leerlinge. In die plaaslike koerant staan daar: “Min skole op die platteland groei nog, en die Laerskool Koue Bokkeveld is een van die uitsonderinge met steeds stygende leerlinggetalle”.

Vandag, 60-jaar later, leef Laerskool Koue Bokkeveld elke dag sy leuse van “Net die Beste”. Ons glo dat elke leerder van ons hegte skoolfamilie hul beste moet kan uitleef, in die prag en wonderlike natuurskoon wat ons gegun word hier in die Koue Bokkeveld.

Dankie vir u ondersteuning vir ons skool. Ons weet ons sal van krag-tot-krag gaan in die toekoms: altyd besig om uitnemendheid na te streef, ons waardes te leef en dit aan die volgende generasie oor te dra.

Geniet die aand saam met ons!