What: 📅 Dag van poësie: Talle tale

https://www.quicket.co.za/events/319720-dag-van-posie-talle-tale/
When:
Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer
How much:
🎟️ R50.00Quicket
Aangebied deur Karavan Press, Uhlanga, Jakes Gerwel-stigting
Klara du Plessis (Act/Ek’t) is ’n digter wat tussen tale glip: die Afrikaans van haar kinderdae en die Engels van haar volwasse lewe in Kanada. Pieter Madibuseng Odendaal se huwelik met die Peruaanse digter Jorge Alejandro Ccoyllurpuma het tot wedersydse vertalings in Spaans en Engels gelei, en Pieter se Afrikaanse gedigte is ook nou in Engels vertaal en gebundel as a corpse is also a garden. Die Vlaamse digter Frank Keizer lees voor uit sy werk, wat met min moeite deur Afrikaanssprekendes verstaan kan word.