Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Soekende profeet

Soekende profeet

https://www.quicket.co.za/events/319679-soekende-profeet/

When:

Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer

How much:

🎟️ R50.00Quicket

Aangebied deur UJ Press

Was Frederik van Zyl Slabbert die beste leier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie? In Albert Grundlingh se boek Frederik van Zyl Slabbert: Soekende profeet probeer hy onder meer hierdie vraag beantwoord. Andries Bezuidenhout vra hom uit oor dié boeiende biografie, wat die lewe van ’n charismatiese figuur in die SA geskiedenis uit verskeie hoeke beskou. Slabbert se werk as akademikus, politikus en aktivis word bespreek, asook die suksesse en teleurstellings wat sy lewe en loopbaan gekenmerk het en die geskiedkundige Dakar-konferensie in 1987.