What: 📅 Sy / haar / Hertzog

https://www.quicket.co.za/events/319684-sy-haar-hertzog/
When:
Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer
How much:
🎟️ R50.00Quicket
Aangebied deur SA Akademie, Protea Boekhuis, Naledi
Die jongste toevoegings tot die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se reeks huldigingsboeke oor Hertzogpryswenners gaan oor Antjie Krog en Wilma Stockenström. Antjie het die prys drie maal vir poësie gewen, en Wilma twee maal in verskillende genres (poësie en prosa). Marni Bonthuys vra die redakteurs, Louise Viljoen (Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe) en Ronel Foster (Wilma Stockenström: Met my wysvingertop), uit oor die publikasies en oor die impak, invloed, politiek en polemiek rondom literêre pryse. Daar sal ’n voorlesing wees uit Naledi se huldigingsbundel Ewige tydelikheid, wat nuwe verse vir Wilma Stockenström bevat.