What: 📅 Wisselwerk

https://www.quicket.co.za/events/319711-wisselwerk/
When:
Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer
How much:
🎟️ R50.00Quicket
Aangebied deur Queillerie
Die wisselwerking tussen die boekbedryf en die teaterwêreld het al gesorg vir baanbrekerswerk op die verhoog. Vanjaar strek die pyplyn egter ook in die ander rigting met die verskyning van Willem Anker se novelle Patmos, wat die lewe as teaterteks begin het. Kabous Meiring praat met Anker, die Nagtegaal tekspryswenner Dianne du Toit Albertze (Huis van sand), die digter Jolyn Phillips (teksskrywer van Kompoun) en Ingrid Winterbach (Moedswil en muitery) oor die unieke uitdagings van skryf vir die verhoog, hoe dit verskil van boekskryf, en hoe die twee praktyke mekaar aanvul en wederkerig voed.