Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Misdaadtoneel

Misdaadtoneel

https://www.quicket.co.za/events/319662-misdaadtoneel/

When:

Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer

How much:

🎟️ R70.00Quicket

Aangebied deur Tafelberg, Penguin Random House, Lapa, Queillerie, Human & Rousseau

In hierdie interaktiewe krimi-konferensie ondersoek ons die stand van sake op die boekbedryf se misdaadtoneel. Baasspeurder Bibi Slippers haal haar beste Bennie Griessel-truuks uit en ondervra die skrywers Irma Venter (Die drie weduwees), Bettina Wyngaard (Knal), Erla Diedericks (Bonsaimeisies) en P.P. Fourie (Die dood van Rachel April) oor die beste plekke om ’n lyk in jou boek weg te steek en die lekkerste literêre moordwapens. Daar is leidrade in die lokaal versteek en lesers kan saamspeel om ’n paar tipiese krimi-raaisels op te los.