What: 📅 Brandstof

https://www.quicket.co.za/events/319634-brandstof/
When:
Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer
How much:
🎟️ R50.00Quicket
Aangebied deur Human & Rousseau, Queillerie
Rudie van Rensburg (Leeumens en Eleksie op Erdvark), Chris Karsten (Al die swendelaars) en Jaco Wolmarans (Donkermaan en Sekelmaan) is al drie skrywers wat teen ’n stink spoed skryf en gereeld soos klokslag publiseer. Irna van Zyl probeer agter die kap van die byl kom: Hoe hou ’n mens as skrywer jou tenk vol brandstof? Wat vat dit om, soos Rudie en Jaco, sommer twee boeke in een jaar die lig te laat sien? Is daar ’n geheim tot hierdie klas produktiwiteit, of word party skrywers maar net met spesiale vaardighede gebore?