Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Storieman(s)

Storieman(s)

https://www.quicket.co.za/events/319680-storiemans/

When:

Where: 🕳 EasyEquities Skrywerskamer

How much:

🎟️ R50.00Quicket

Aangebied deur Protea Boekhuis, Human & Rousseau

Die akademikus en storiefynproewer Bibi Burger lei ’n gesprek met drie Storiemans. Johannes de Villiers (Op pad na ’n klooster in die sneeu), Theo Kemp (Klein konings) en François Loots (Twyfelbos) vertel die stories agter die stories en beantwoord vrae oor die belang van stories in die wêreld, die oorsprong van hul eie liefde vir stories, en die bestanddele vir ’n onvergeetlike vertelling. Kom vind meer uit oor die kinkels in hul jongste verhale wat strek van die Kaapkolonie in 1829 en die mynveld van hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek tot ’n klooster in die Franse Alpe.