Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Katrien die King en die Kween | KABARET

Katrien die King en die Kween | KABARET

https://tickets.tixsa.co.za/event/katrien-die-king-en-die-kween-kabaret

When:

Who: 🎤 Elzabé Zietsman

Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium

How much:

🎟️ R250.00Seat

KATRIEN, DIE KING EN DIE KWEEN
‘n Kabaret-blyspel
Met: Elzabé Zietsman, André Schwartz en Tony Bentel
Vervaardig deur: Drama Drama Produksies
Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die alledaagsheid van ’n dorpie sonder drome.
Hul leënessindroom en ou verwyte maak hul dae lank en hul nagte stil.
Wanneer die flambojante en geheimsinnige Merve onverwags uit Kaapstad opdaag en met sy klavier in die ou huis langs hulle intrek, word Katrien en Donovan se vervelige roetine op sy kop gekeer.
Deur humor, nostalgie en met splinternuwe musiek van David Kramer, word die karakters gekonfronteer met hul verlore drome, wankelende huwelik en die moontlikheid van nuwe hoop.
Elzabé Zietsman het Johann Slabbert gevra om ’n kabaret te skryf waarmee sy kan hulde bring aan David Kramer se liedjies.
Nadat Kramer die storie gelees het, het hy voorgestel dat hierdie storie en sy karakters ’n “mini-musical” word waarvoor hy die musiek sal skryf.
En so is Katrien, die King en die Kween gebore.
Kom vroeg: Vir Fynbos Wynproe
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen

Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm