What: 📅 Wat om te doen as die wêreld brand | Kabaret
https://tickets.tixsa.co.za/event/as-die-wereld-brand-kabaret
When:
Who: 🎤 Elzabé Zietsman
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R220.00Seat
Wat om te doen as die wêreld brand: ’n Skerp, humoristiese kabaret oor hoe om
sin te maak van ’n wêreld in chaos
Met: Elzabé Zietsman
Teks: BiBi SlippersMusiekregisseur: Jody Jason PetersonRegie: BiBi
SlippersVervaardiger: Drama Drama
Wat om te doen as die wêreld brand is ’n splinternuwe kabaret wat spesiaal vir
Elzabé Zietsman geskep is deur digter en skrywer BiBi Slippers.
In ’n tyd waar dit voel asof die wêreld letterlik en figuurlik aan die brand
is – van klimaatskrisisse en politieke verdeeldheid tot geweld en globale
onsekerheid – vra die produksie: hoe bly mens by jou gesonde verstand?
Met verwysing na ons ingeboude “negativity bias” en die gevoel dat elke
generasie deur sy eie eindtye leef, ondersoek die kabaret waar mense werklik
hoop, perspektief en inspirasie kan vind.
Ernstige temas word gebalanseer met skerp humor en aweregse insig, terwyl
persoonlike ervarings, staaltjies en sogenaamde “waterdigte raad” verweef word
met bekende liedjies – alles gefilter deur Elzabé se unieke styl en
vertolking.
Teen die einde van die vertoning sal gehore nie net vermaak wees nie, maar
dalk ook ’n antwoord hê op die groot vraag: wat om te doen as die wêreld
brand.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm