What: 📅 Skole, Ouers en Leerders - Uitdagings en werklikhede van vandag

When:
Where: 🕳 George-Bergsig Gemeente
How much:
🆓 Quicket
Jannie van der Westhuizen was vir 43 jaar werksaam in die onderwys, waarvan 25 jaar as skoolhoof, insluitende tien jaar as Rektor van Paul Roos Gimnasium te Stellenbosch. Hy werk die laaste 8 jaar as onderwyskonsultant, waar hy by skole, kongresse en simposiums regoor SA optree. Hy publiseer gereeld op Netwerk 24, tree as gasspreker by RSG se onderwysprogramme op, en is die mede- skrywer van twee publikasies oor onderwysbestuur.
Vanuit jare se ervaring en kundigheid kom bied Jannie vir ouers perspektiewe wat ’n verrykende impak op hulle lewens kan hê.
“Skole, ouers en leerders - ‘n praktiese blik op die uitdagings en werklikhede van vandag ”Hoe lyk die onderwysomgewing vandag?Wat is ‘n skool se werklike opdrag, doel en funksie?‘n Algemene beskouing vanuit die skool se perspektief oor die optrede van die moderne leerder.‘n Algemene beskouing vanuit die skool se perspektief oor die optrede van die moderne ouer.Hoe impakteer ouers se optrede op die funksionering van die skool?Wat kan en mag ouers van skole verwag?Praktiese wenke en advies aan ouers.
23 Febr. 2025 om 17:00George Bergsig-GemeenteToegang gratis Graties kinderoppasdiens beskikbaar