What: 📅 Ons Onthou | Video Reeks | 7 Aug
https://tickets.tixsa.co.za/event/ons-onthou-video-reeks-7-aug
When:
Where: 🕳 Herman Swart Saal
How much:
Ons onthou: ’n Dokumentêre reis deur die verhale, mense en erfenis van Suid-
Afrika
Met: Sandra Prinsloo
Ons onthou is ’n aangrypende reeks waarin Sandra Prinsloo deur Suid-Afrika
reis om die unieke stories van mense en gemeenskappe vas te vang – verhale wat
nie verlore mag gaan nie.
Deur uiteenlopende landskappe en kulture word kykers bekendgestel aan die
lewens, geskiedenis en herinneringe van gemeenskappe uit vervloë dae, en hoe
hul stories steeds vandag voortleef.
Van die dowe gemeenskap van Worcester en die vissers van Kalkbaai tot die
Nama-, Korana- en Griekwa-volke, en die mense van die Kalahari en Cederberge –
elke episode bring ’n nuwe perspektief op identiteit, erfenis en behoort.
Die reeks gee ’n stem aan verhale wat dikwels stil bly, en vier die ryk
diversiteit van Suid-Afrika se mense en geskiedenis.
Hierdie is ’n insiggewende en ontroerende ervaring wat die verlede en hede op
’n besondere manier verbind.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm