What: 🎵 Forte | DRAMA

https://tickets.tixsa.co.za/event/forte-drama
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R220.00Seat
FORTE
Teks & Regie: Pierre-André Viviers
Emma Barker, ʼn wêreldbekende tjellis, sit al bykans ʼn jaar in ʼn donker kamer
en staar na haar gewese man se tjello.
Sy kan haarself net nie so ver kry om weer musiek te maak nie.
Alhoewel haar man siek was, is sy oortuig dat die siekte nie die oorsaak van
sy dood was nie. Iemand lieg vir haar.
Dan stap ʼn jong musiekstudent een oggend ongenooid in haar huis in. Sy ken hom
van geen kant af nie, maar tog weet hy alles van haar af.
Hoekom laat hy haar so baie aan haar oorlede man dink? Watter diep geheim
bewaar hy?
Veteraanaktrise Rika Sennett maak haar terugkeer na die verhoog in hierdie
kragtoer-produksie saam met die talentvolle Jacques Adriaanse.
Albei akteurs is ook onlangs benoem by die Momentum Beleggings Aardklop
Kunstefees vir beste aktrise en ondersteunende akteur.
Tydsduur: 60 min
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm