What: 📅 Seun | DRAMA

https://tickets.tixsa.co.za/event/seun-drama
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R250.00Seat
SEUN
REGISSEUR: Nico Scheepers
AKTEUR: Wilhelm van der Walt
BOEK: Dana Snyman
TEKS: Johann Smit
VERVAARDIGERS: Leftfoot Theatre Productions
Vir baie mens was die 1980’s gewoon ‘n dekade soos al die ander – die van
braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet.
Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ‘n bitter moeilike
en gevaarlike tydperk. ‘n tyd van ontreddering. En ‘n tyd wat vrae gewek het.
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat
het nie: sy ervaringe in die 1980’s.
Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke,
onderhandelinge en die laaste dae van diensplig.
Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in
Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in
Pretoria.
Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie
’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die
weermag nie?
Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. Dit is ’n aangrypende relaas oor
grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke stelsel, oor manlikheid en
oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
“‘n Brawe besinning oor die lang skadu’s wat belewenisse uit die verlede tot
in die hede bly gooi. Met helder, gedistilleerde beskrywings maak Snyman hier
’n stuk geskiedenis staan wat enersyds herkenbaar universeel, maar andersyds
ook verbasend persoonlik is. Seun laat jou met ánder oë na Snyman se skryfwerk
kyk.” - Thys Human
Na afloop van die vertoning: Ontmoeting met Dana Snyman
Tydsduur: 90 min
Ouderdomsbeperking: 13 jaar en ouer
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm