What: 🎵 Klawer | Musiek en Stories
https://tickets.tixsa.co.za/event/klawer
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R220.00Seat
Klawer: ’n Persoonlike reis deur musiek, mense en die landskap van Suid-Afrika
Met: Rocco de Villiers
Skrywer: Rocco de Villiers
Publikasie: Turskvy Publikasies
Aangebied deur: Hermanus Biblioteek en Kalfiefees
Musikante is reisigers – altyd op pad na nuwe plekke, nuwe mense en onbekende
bestemmings. In Klawer neem Rocco de Villiers lesers op ’n besonderse reis
deur Suid-Afrika, geïnspireer deur die plekke waar hy oor die jare opgetree
het.
Hierdie bundel verhale verweef persoonlike ervarings, herinneringe en
ontmoetings met die unieke landskap en mense van die land. Van humoristiese
anekdotes tot meer besinnende oomblikke oor verlies, geloof en groei, bied die
boek ’n eerlike en menslike blik op die lewe van ’n kunstenaar onderweg.
Met sy kenmerkende warmte en storievertelvermoë herinner Rocco ons aan die
waarde van alledaagse ervarings en die stories wat mense met mekaar verbind.
Rocco de Villiers is ’n bekende pianis, komponis, skrywer en
vermaaklikheidskunstenaar wat jaarliks meer as honderd vertonings regoor Suid-
Afrika aanbied.
Opsie: Koop ’n getekende weergawe van KLAWER aanlyn en wees verseker van ’n
kopie op die dag van die geleentheid.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm