What: 🎵 Kronieke van Buks | Kabaret
https://tickets.tixsa.co.za/event/kronieke-van-buks-kabaret
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R200.00Seat
Die kronieke van Buks: ’n Komiese kabaret oor ’n klein hond met groot insig in
’n dorpie vol geheime
Met: André Schwartz en JJ Peterson (klavier)
Teks: André SchwartzRegie: Lihan Pretorius
In die stofstrate van Paul Roux blaf Buks koning – ’n klein Chihuahua wat dink
hy is so groot soos ’n renoster.
In hierdie komiese kabaret triptrap Buks van huis tot huis, hoor die skinder
en ontdek die geheime.
Hy word bederf met brokkies nuus en brokkies lekkernye, en word so die
toegangspoort tot die lewens van die dorpsmense.
Maar die dorp begin uitmekaar val en almal leef op die rand van chaos.
Die karakters is eiesoortig en skrikwekkend identifiseerbaar, en tussen die
humor en die seer ontvou ’n wêreld wat baie nader aan die werklikheid lê as
wat mens sou dink.
Die gestroopte musiek van onder andere Billy Joel word soomloos ingeweef in
die narratief en vorm die hartklop van hierdie dorpie – ’n mikrokosmos van die
wêreld waarin ons leef.
Tydsduur: 75minOuderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm