What: 🤣 Internet Sensasie | Komedie
https://tickets.tixsa.co.za/event/internet-sensasie-komedie
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R180.00Seat
Mel die Storieverteller - Internet sensasie: ’n Skreeusnaakse een-vrou
vertoning uit die wereld van sosiale media
Met: Mel die Storieverteller
Teks: Mel die StorievertellerMusiek: Peach van PletzenDekor: Imile Wepener
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie Mel
die Storieverteller in lewende lywe op ’n verhoog lyk. Dit het vinnig duidelik
geword dat sy net so skreeusnaaks in die regte lewe is - vir mans en vroue.
In haar derde komiese een-vrou vertoning neem Mel gehore saam deur die
elektroniese oerwoud van aandagsoekers en liggelowiges, en deel sy
eerstehandse stories uit haar unieke wereld.
Van Oom Riekert se groot fout tot ’n beplande vuisgeveg in KuduKraal, en selfs
die ontstaan van “Mel die Storieverteller” - die stories is vars, onverwags en
bleddie belaglik, maar glo alles waar. Wel… so se Facebook.
Hierdie is ’n vertoning vol skerp humor, eerlike waarnemings en herkenbare
internet-waansin - waar die lyn tussen waarheid en storie soms lekker vervaag.
Tydsduur: 80 minuteOuderdomsbeperking: Geen kinders onder 14
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm