What: 📅 O meno o pouse | Kabaret
https://tickets.tixsa.co.za/event/o-meno-o-pouse-kabaret
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R200.00Seat
O meno o pouse: ’n Kabaret vol humor, hartseer en hoop
Met: Arina de Witt
Teks en lirieke: P.G du PlessisToonsettings: Arina de WittRegie: Ignatius van
Heerden en Johan van der Merwe
O meno o pouse is 30 jaar gelede deur P.G du Plessis spesiaal vir Arina de
Witt geskryf. Omdat sy destyds gevoel het sy is nog te jonk, is die stuk nooit
opgevoer nie - tot nou.
Hierdie intieme en roerende kabaret vertel die verhaal van Bets: afgetree,
alleen en vasgevang in die stiltes van wat kon gewees het. Sy het gewag - vir
liefde, vir die regte tyd, vir die vraag - en haar drome eenkant gesit saam
met ’n trourok en ongestuurde briewe.
Nou, jare later, kies sy om alles weer op te neem. Dis ’n verhaal van verlies,
hoop en nuwe beginne, en die besef dat mens soms eers na die “menopouse”
werklik begin leef - al is dit net vir ’n oomblik.
Tydsduur: 80 minuteOuderdomsbeperking: Geen kinders onder 13
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm