What: 🎵 TIllie Mathilda | Musiekteater
https://tickets.tixsa.co.za/event/tillie-mathilda-musiekteater
When:
Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium
How much:
🎟️ R220.00Seat
Tillie/Mathilda: ’n Rou en eerlike blik op vrouwees, oorlewing en
menswaardigheid
Met: Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar
Teks: Amanda Strydom en Je-ani SwiegelaarMedewerker: Christo DavidsMusikale
regisseur: Coenraad Rall
Twee prostitute - een oud, een jonk en onvervare. Dit is Tillie se eerste nag.
Mathilda, die ervare vrou, ontferm haar oor die weerlose meisie van die
platteland.
Hul stories ontvou as ’n universele stem van vroue, ongeag hul omstandighede -
of dit nou hoop of desperaatheid, oorlewing of verlies is.
Met ’n mengsel van humor, satire en tragedie, en ’n rou eerlikheid, bied
hierdie produksie ’n blik op lewens waarop die samelewing dikwels oordeel en
neerkyk.
Die verhaal word verweef met oorspronklike musiek en verwerkings deur Coenraad
Rall.
Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar, wat saam in Binnelanders verskyn het,
deel nou die verhoog in hierdie spesiale produksie wat geskep is vir die 30ste
viering van die KKNK.
Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 13
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm