Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 In Harmonie | Multi

In Harmonie | Multi

https://tickets.tixsa.co.za/event/in-harmonie-multi

When:

Where: 🕳 Hermanus Munisipale Ouditorium

How much:

🎟️ R220.00Seat

Davel en Klink - in harmonie: ’n Musikale reis van hoop, herinnering en menswees
Met: Ilse Klink en Anna Davel
Musiekregie: JJ Petersen
Musiek het die vermoe om die siel te sus en ’n boodskap van hoop en herstel te bring - soms met sagte melodiee, en soms met ’n stem wat lank stil was, maar weer gehoor wil word.
In hierdie produksie span twee ervare kunstenaars saam om deur musiek stories te vertel wat oor jare gevorm is deur teater, film, televisie en sang.
Die liedjies wat gekies word, raak aan persoonlike ervarings, uitdagings en sosiale kwessies, en vorm saam ’n reis deur tyd en emosie.
Van nostalgiese herinneringe tot die skaduwees van verlies, bring elke moment iets van die menslike ervaring na vore.
Hierdie is ’n intieme en betekenisvolle musiekervaring wat dieper strek as klank - en ’n lig werp op die alledaagse wonder van menswees.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme

Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm