Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎭 Hoofseun | University of Cape Town

Hoofseun | University of Cape Town

When:

Where: 🏛️ Baxter Theatre Centre

How much:

🎟️ R120https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1552451245

Hoofseun is ‘n komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig te staar, as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou ‘n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gegeur so iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme?

Hoofseun is die nuutste stand-up comedy vertoning deur drag-superster Tollie Parton. Die show is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervaringe binne die Afrikaner-gemeenskap. En ten spyte van die feit dat niemand daarvoor gevra het nie, stel Tollie die land bekend aan haar nuwe sokkie “treffer”.   Van Hoofseun na Hoofmeisie. Hier kom vetpret! Skuus, mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het ’n growwe beenstruktuur.

Writers: Anne Hirsch and Wynand Kotze Music: by Loki Rothman.